Resepte / Recipes

PanneMerwe Resepteboek 

50 Resepte vir jou pannemerwe beskuit of fudge/koekie panne

Beskikbaar op Kindle App op Android en iOS

U kan ook dit op PDF bestel by pannemerwe@gmail.com met EFT

Dit sal aan u ge-epos word.

LET WEL DIS ‘n EBOOK EN GEEN FISIESE BOEK SAL GESTUUR WORD NIE!

KRY JOUNE NOU teen R69

Kliek hieronder vir ‘n voorskou:

https://a.co/ekvCYNj

Semel-karringmelkbeskuit
Ongeveer 1,5kg beskuit
 
7 x 250ml (7 k) koekmeel
375 ml (1,5 k) suiker
15 ml (1 e) bakpoeier
15 ml (1 t) kremetart
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) semels
500 ml (2 k) sagte botter
2 eiers
30 ml (2 e) melk
500 ml (2 k) karringmelk
5 ml (1 t) koeksoda

Instruksies:

Voorverhit die oond tot 180° C.
Spuit twee pannemerwe beskuitpanne met spray en cook.
Sif die meel, suiker, bakpoeier, kremetart en sout in ‘n groot mengbak saam.
Roer die semels by.
Vryf die botter met die vingerpunte in die meelmengselKlits die eiers, melk en karringmelk saam.
Los die koeksoda in ‘n klein bietjie water op en roer dit by die eiermengselMeng die eiermengsel met die meelmengsel om ‘n sagte deeg te vorm.
Smeer die PanneMerwe pan.
Rol die deeg in die pan uit.
Spuit die snyer met kleefwerende kossproei en druk dit deur die rou deeg.
Lig die snyer versigtig uitBak dit 40 minute of tot goudbruin en gaar.

Keer dit uit en laat heeltemal afkoel.

Voorverhit die oond tot 100 ° C en droog die beskuit binne ‘n halfuur uit as jy die pannemerwe beskuit droograk het. Andersins neem dit 6 tot 7 ure.